Siriese woestyn

'n Satellietfoto van die Siriese woestyn

Die Siriese woestyn (Arabies: بادية الشام, bādiyat ash-shām), ook bekend as die Hamadwoestyn,[1] is 'n kombinasie van steppe en ware woestyn wat 'n area van 5 000 000 km² van die Midde-Ooste beslaan, insluitend dele van suid-oostelike Sirië, noordoostelike Jordanië, noordelike Saoedi-Arabië en westelike Irak. In die suide grens dit aan, en vloei oor na die Arabiese woestyn.[2]

Die omgewing is 'n oop, gruiserige woestyn (hoekige tot geronde rotsdeeltjies wat wissel van korrels tot keistene), met valleie (Wadi-Hebreeus en Arabies vir vallei)[3][4] wat plek-plek in die landskap insny.

  1. Encyclopædia Britannica: A New Survey of Universal Knowledge, Volume 2. 1941. p. 173. Besoek op 2 Februarie 2017.
  2. Harris, Nathaniel (2003). "Syrian+desert" Atlas of the world's deserts. New York: Fitzroy Dearborn. pp. 49, 51. ISBN 978-1-57958-310-1. Besoek op 2 Februarie 2017.
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named betts
  4. "Syrian Desert". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2008. Besoek op 7 Julie 2017., New International Encyclopedia, Edition 2, Published by Dodd, Mead, 1914, Arabia, page 795 en Syrian Desert, Encarta

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search